Tuesday, October 27, 2015

Fotostel 12



Op Saterdag 24 Oktober was tekens van vordering gedurende die voorafgaande week te sien. Die fasiaverfwerk  van beide strukture is voltooi, Tom het aangedring op verdere gelykmaking van muurstrukture, wat die 'framers' weer ingeroep het en ons baie dankbaar gemaak het vir sy fynkamming van dinge wat ons ongeoefendes nie eers sou opmerk nie, tot dit te laat is. Die 'stucco'-manne het begin met die aanbring van die gaas waaraan die pleister moet heg, soos hier bo en onder gesien kan word. Dit is nog nie voltooi nie en sal alles wat nog wit vertoon ook bedek word. Die loodgieterswerk (wat geen lood behels nie, daar alles deesdae met sintetiese pypwerk gedoen word) is ook feitlik  voltooi. Dan behoort die staaldak ook volgende week die dakkonstruksie te voltooi.

Signs of progress during the preceding week were evident on Saturday, October 24. Fascia and soffit painting was completed for both structures and Tom had insisted on more smoothing-out of the wall structures, which resulted in the framers having been called back. It is really impressive to witness Tom's meticulous approach and expert eye catching discrepancies which we would miss. The stucco guys made a start with the mesh cladding necessary for attaching plaster, as is evident above and below. Plumbing work is also virtually completed. The steel roofing should be laid next week to complete the roof structure.



Let op na die detail wat in die volgende foto's belig word.

See the detail of the stucco preping.






'n Metaal stutstuk onder die houtmuurgedeeltes toon waarop die dik pleisterwerk sal eindig.

Stucco would terminate on a metal footing below the wooden structure areas.







Binnekort behoort hierdie groot aspek van die projek verder gevoer te word en behoort die sinnigheid van alles duideliker te blyk.

This major aspect of the finishing should shortly advance and ultimately illustrate the sense of it all.


Wateraanhegtings aan klep en stortkop van die slaapkamer se stort. Ons het besluit om die klep teen een muur te plaas en die stort teen 'n ander sodat die watertemperatuur gestel kan word sonder dat 'n ou onder die stortstroom moet staan en stel.

Water fittings to the faucet and shower head were placed on different walls in the walk-in shower, facilitating water temperature setting while the user remains dry.



Die badkamer in die agtergrond, stort in die middel en klein handewas/toilet-kamer in die voorgrond voordat die mure toegaan.

Bathroom in the background, shower in the middle and lavatory in the foreground before dry walling.


 Kombuisaanhegtings

Kitchen plumbing fittings.


Deurvoere na bo.

Plumbing through-puts to upstairs


 Bad in boonste badkamer met blou beskermingslaag en propvol water vir toetsdoeleindes.

Tub in upper bathroom with blue protective coating and filled with water to capacity for testing.





Aangesien die AC/Verhittingstoerusting op die punt van installering staan, het ek vandag, Dinsdag 27 Oktober, gespring om die vloer van die vertrek daarvoor te verf. Dit is nie standaardpraktyk nie maar ek kon my nie versoen met 'n rou laaghoutvloer nie, ongeag die estetiese  onbelangrikheid van die vertrek.

As the AC/Heating units are expected soon for installation, I got going today, October 27, with a paint roller on the floor of the mechanics room.  It seems not to be standard practice but I couldn't envision the stuff on a raw plywood surface, regardless of the aesthetic unimportance of the room.








Daarna prentjies.

After pictures.



No comments:

Post a Comment