Thursday, July 30, 2015

Fotostel 2




Stap rondom die struktuur, beginnende langs die motorhuis, suidwaarts.

Walking around the structure, starting out along the garage, southward



Blik noordwaarts vanuit die agterplaas.

Looking northward from the back yard


Ietwat verder suid.

Somewhat further south


Verder oos met die motorhuis links

Further to the east, with the garage on the left


Naderblik met die septiese sisteem in die voorgrond.

Closeup with the septic system in the foreground.




Vanaf die sitkamerhoek noordwaarts

From the living room corner toward Moon View Drive.


Detail van laasgenoemde.

Detail of the above.


Vanaf die slaapkamerhoek weswaarts in die rigting van die inrit

From the bedroom corner looking west.


Vanaf die motorhuisdeur. Dit toon die toekomstige water, electriese en riool aanhegtings regs teen die muur vir die RV. 'n Dreinpyp in die middel van die motorhuis is vir waswater om na die kant van die motorhuis af te voer.

At the garage entrance showing water, electric and sewer hookups on the right and a water drainpipe in the center. The latter vents to the side of the garage.


Van die hoek van die sitkamer af toon dit water, ens pype vir die badkamers

Plumbing features for the bathrooms shown from the corner of the living room.



Water toevoer en afvoer pypwerk vir die klerewasser en droeer en die waterversafter in die motorhuis. Hierdie pypwerk is reeds meer as 'n wek onder druk van meer as 130 psi om te verseker dat daar geen lek in die gehele pypesisteem is nie  Die drukmeters vertoon hier.

Plumbing features in the garage for water softener and laundry appliances. Also visible are pressure gauges indicating more than 130 psi under which the entire plumbing system has been kept for over a week to ascertain the integrity of the system.





Verdere vordering met die uitleg vir die betongiet proses vanaf die motorhuis.

Progress with outlay of structures for the concrete pouring process as seen from the garage.


Naderblik langs die buitewand af.

Closeup along the outer edge.


Dieselfde langs die linkermuur van die motorhuis.

The same along the left wall of the garage.


Van die motorhuis ooswaarts in die rigting van die sitkamer. Regs vertoon die 'patio' wat vanaf die motorhuis en die binnehof toeganklik sal wees.

From the garage viewing eastward in the direction of the living room and showing the patio on the right, which will be accessible both from the garage and from the breezeway.


Effens meer na links met die buurhuis se dak in die agtergrond. Ons grondvlak is dus hoger as die bure se dak.

Slightly more to the left with the neighboring rooftop in the background. Our first floor level is thus above the roof level of the neighbor.


Diagonaal van die motorhuis in die rigting van die slaapkamerhoek. Let op die balk in die voorgrond wat die verandering in uiteindelike vloerhoogtehoogte van die motorhuis na die volgende deel van die struktuur aandui.

Diagonally from the garage corner to the bedroom corner in the distance. Note the beam pertaining to a level shift from the ultimate garage floor to the other section of the floor.


Teen Woendagaand 29 Julie was die hele werk oorklee met plastiek waarop die staalversterking gemonteer is

By Wednesday evening the entire foundation structure was overlayed with plastic on top of which the steel reinforcement rods are visible.




Blik van die motorhuis-ingang

View from the garage entrance


Detail langs die kante.

Detail along the edges.


Let op na die ankerstukke wat teen die houtomhulsel vasgespyker is.

Note anchor pieces nailed to the wood panels.












Staal ankerstukke in die buise tot op die bodem.

Steel anchor pieces inside the tubes extend to the bottom


Om 'n draai

Rounding a corner






Langs 'n buitewand.

Along an outside edge.


Van die hoek van die sitkamer in die rigting van die badkamers.

From the corner of the living room in the direction of the bathrooms.


Nabyblik van badkamerseksies.

Closeup of bathroom plumbing.










Kombuis en slaapkamer beeld vanaf die motorhuis.

Kitchen and bedroom sections across from the garage.


Uitloop van drein in die middel van die motorhuis.

Drain vent from garage.


Antwoord op vraag van wat in die sakke is wat gebruik is vir opvul van die struktuur.

Answer to the question of what was used in the bags for filling up the foundation.


Terublik op wat vir die elektriese werkers wag om hulle pype te kom installeer vir bedrading wat onder deur die vloer sal gaan.

Overview of what awaits the electricians coming to install tubing for wiring underneath the floor.




Tuesday, July 21, 2015

Fotostel 1





Moon View Drive digby die doodloop, met Roete 306 teen die hang in die verte. Roete 306 na regs (suid) lei na New Braunfels 14 myl van daardie punt en links, na Canyon Lake. Van ons erf af, (1550 Moon View Drive) onmiddelik na regs op die foto, is dit sowat 6 myl na die punt waar 306 oor die rand gaan. Die korter pad dorptoe, sowat 15 myl, is via River Road aan die voet van die rand waarop ons bou, sowat 1 1/2 myl van ons perseel af.. Dit is skilderagtig met 'n snelheidbeperking van 20 myl per uur (30 km/u).

Moon View Drive near the cul de sac around the corner. Route 306 is visible in the distance, going to New Braunfels to the right (14 miles south) from that point and to Canyon Lake to the left. Our lot, immediately to the right (1550 Moon View Drive) is about 6 miles from the spot where 306 crosses the ridge. It is about 16 1/2 miles to town from our lot via scenic River Road at the foot of the ridge, with a speed limit of 20 mph, .


Ons grond van 1.2 akker, met ongeveer 1/4 ontbos vir die huis, van die straat af gefotografeer. Let op die blink dak in die verte aan die oorkant van die kloof na die suid-suid-ooste as 'n merker vir ander foto's wat hier onder volg. Van die steeds bebosde deel val die grond skerp en is die bos so dig dat ons twyfel of ons ooit tot by die onderste grens van ons grond sal uitkom!

View from Moon View of our 1.2 acre lot, with approximately 1/4 cleared for construction.  Note the shining roof across the ravine to the south-east as a marker on photographs to follow. The lot drops off sharply beyond the treeline and the density of the brush would probably prohibit us from venturing to the southern boundary.



Nog 'n blik, effens na regs. So was dit by ons terugkeer uit Suid-Afrika in Maart 2015.

This was what we saw upon our return from South Africa in March 2015.



Meer daarvan.

More of the same




Willem tree die uitleg af van waar die motorhuis/RV-skuur behoort te kom.

Willem pacing the location of the future automobile/RV garage.


Van die teenoorgestelde kant peil hy die ligging van die slaapkamer-hoek.

Doing the same from the opposite side for the location of the master bedroom.




Terugblik na die straat waar die GMC-trok staan.

Looking toward Moon View with the GMC truck in the background.




Effense ander hoek.

From a different angle, and ...



From a little further down.




Susan bekyk opslagstruike sowat 2 maande na die terrein ontbos is.

Susan looking at volunteers bouncing back after the area had been cleared.



Nog meer wat haar aandag trek.

More of it attracting her attention.


Uiteindelik is dit wat op Dinsdag 7 Julie gebeur het, na ons in Mei 'n nuwe boukontrakteur bekom het. Ofskoon nie in vorige foto's duidelik nie, kan gesien word hoe groot die helling is waarteen 'n fondament tot stand moet kom. Regs is die toekomstige  motorhuisingang sigbaar. Van daar val dit aan die regterkant seker 6 voet tot teen die wand wat daar vertoon, en daarvandaan na links val dit 'n verdere 4 nvoet. Die val van die motorhuis (voor) na die agterkant is dus soveel as 3+ meter. Let op die blink dak merker oorkant die kloof.

This happened on Tuesday July 7, after we've hired another building contractor, Tom Lander.The sharp decline in the slope becomes visible in this photograph. This illustrates the challenge posed for getting to a level foundation. The location of the future garage is on the right. The drop to the back bord is about 6 ft and from there to the left another 4 ft..Hence, the overall drop is approximately 3 meters. Note the marker in the background.







'n Nader blik op die motorhuis-ligging.

Closeup of the garage view.


En 'n verdere blik na die huisgedeelte.

View toward the house section.


Op Vrudag 17 Julie is ons deur hierdie gesig begroet. Ons kon nie eerder in die week hier uitkom nie weens die feit dat ons na 'ons' boom in die kampterrein moes verhuis, na Susan ook weer op dreef moes kom sedert haar ongesteldheid. Let op hoe die struktuur sedertdien opgevul is maar op 'n sonderlinge wyse. Die motorhuis is regs en die res na links, terwyl die dakmerker in die verte vir orientering sigbaar is.

This is what met us on Friday July 17. Moving to 'our tree' at River Ranch RV as well as Susan's having bee under the weather, deayed our getting out sooner. Notice how the 'box' has been filled. The garage is on the right, entrance and house sections are to the left. Note the roof in the background.


Die toekomstige ingang en woonhuisgedeeltes strek na links.

Entrance and further left, the house sections.


Hier volg verskeie video's wat ek nog nie aan die werk kon kry op die blog nie. Miskien kan dit nie, in welke geval ek dit maar sal uitvee.

As yet I haven't succeeded in getting this and additional movies to work on the blog and will probably delete those.


Van die toekomstige sitkamerhoek na die straat toe. Op hierdie punt is die basis sowat 9 voet bo die grondoppervlak. Let op dat die opvulling met sakke sand/gruis gedoen is wat teenmekaar gestapel is. Dit is ook in blokke opgebou waartussen openinge van sowat 1 voet wydte gelaat is. So ook rondom die buitekante.

View from the future living room toward Moon View Drive.At this spot the basis is some 9 ft above ground level Note the bags of sand/gravel used to fill the space in block-wise fashion. The sections are spaced a foot apart. The same spacing is seen around the outer edges.


'n Naderblik; effens ander hoek.

Closeup from a slightly different angle.


Detail van wat tussen die stapelblokke aan die gang is. Let op die 1-voet deursnee kartonbuise wat afgaan tot op die bodem Daartussen is die vore opgevul met gruis, terwyl die stapels ook gruistoppe het.

Detail between the blocks. Between 1 ft diameter tubes reaching to the bottom, the space was filled with gravel; also the tops of the block areas.


Detail waarin die sakke en buise duidelik blyk.

Detail showing the bags.


Nog een. Die gedagte hiermee is dat die staal bewapening wat bo-op en bo-oor die hierdie blokke en vore aangebring sal word, ook met staalankers in die buise bevestig sal word.

The idea is that steel reinforcement would stretch across the entire area and and be anchored into the tubes, ultimately functioning like pilons.



Beton sal dan ook alles gegiet word -- nagenoeg minstens 'n voet dik sodat die omliggende vore soos hieronder daarmee saam opvul om die kant  van die fondasie, in die volgende foto, aaneenlopend te maak.

Concrete is to be poured over and into it all -- also around the edges about a foot over the top views seen here.


Hierdie tegnieke wyk skerp af van enige iets wat ons nog gesien het. In Suid-Afrika word huisfondasies slootgewyse gegrawe en aan die Ooskus van die VSA word 'n kelder uitgegawe , 'n fondament gegiet en opgebou totdat die huiskonstruksie dan van grondvlak af opgerig word. Die rede vir hierdie Texas-gebruik is dat die basis essensieel vaste rots is. Dit is ondenkbaar om 'n kelder (basement) oop te skiet. Derhalwe hierdie benadering om 'n 'pad' te skep waarop die bouwerk dan gevestig word.

This technique differs from anything we are familiar with. In South Africa foundation trenches are filled with concrete and reinforcement, while on the East Coast of the US basements are dug and foundations for retaining walls are cast. House construction takes off from atop of these walls. In Texas the base is essentially solid rock, discouraging residential basement construction. House construction is thus founded on a pad with all plumbing and electric wiring in place inside the pad.


'n Blik vanaf ons toekomstige sitkamer. Let op die blink merker in die agtergrond.

View from our future living room. Note the shining marker in the distance.


'n Paar tree verder terug wat die toekomstge sitkamerhoek wys.

A few yards back, bringing the future living room corner into view.


Een van verskeie video's wat volg.

One of a number of video's to follow.























Blik vanaf ons toekomstige voordeur in die rigting van Moon View Drive.

View from our future front door to Moon View Drive.



Vanaf die straat reguit na die toekomstige voordeur in die middel.

From the road to the front door in the middle.