Tuesday, July 21, 2015
Fotostel 1
Moon View Drive digby die doodloop, met Roete 306 teen die hang in die verte. Roete 306 na regs (suid) lei na New Braunfels 14 myl van daardie punt en links, na Canyon Lake. Van ons erf af, (1550 Moon View Drive) onmiddelik na regs op die foto, is dit sowat 6 myl na die punt waar 306 oor die rand gaan. Die korter pad dorptoe, sowat 15 myl, is via River Road aan die voet van die rand waarop ons bou, sowat 1 1/2 myl van ons perseel af.. Dit is skilderagtig met 'n snelheidbeperking van 20 myl per uur (30 km/u).
Moon View Drive near the cul de sac around the corner. Route 306 is visible in the distance, going to New Braunfels to the right (14 miles south) from that point and to Canyon Lake to the left. Our lot, immediately to the right (1550 Moon View Drive) is about 6 miles from the spot where 306 crosses the ridge. It is about 16 1/2 miles to town from our lot via scenic River Road at the foot of the ridge, with a speed limit of 20 mph, .
Ons grond van 1.2 akker, met ongeveer 1/4 ontbos vir die huis, van die straat af gefotografeer. Let op die blink dak in die verte aan die oorkant van die kloof na die suid-suid-ooste as 'n merker vir ander foto's wat hier onder volg. Van die steeds bebosde deel val die grond skerp en is die bos so dig dat ons twyfel of ons ooit tot by die onderste grens van ons grond sal uitkom!
View from Moon View of our 1.2 acre lot, with approximately 1/4 cleared for construction. Note the shining roof across the ravine to the south-east as a marker on photographs to follow. The lot drops off sharply beyond the treeline and the density of the brush would probably prohibit us from venturing to the southern boundary.
Nog 'n blik, effens na regs. So was dit by ons terugkeer uit Suid-Afrika in Maart 2015.
This was what we saw upon our return from South Africa in March 2015.
Meer daarvan.
More of the same
Willem tree die uitleg af van waar die motorhuis/RV-skuur behoort te kom.
Willem pacing the location of the future automobile/RV garage.
Van die teenoorgestelde kant peil hy die ligging van die slaapkamer-hoek.
Doing the same from the opposite side for the location of the master bedroom.
Terugblik na die straat waar die GMC-trok staan.
Looking toward Moon View with the GMC truck in the background.
Effense ander hoek.
From a different angle, and ...
From a little further down.
Susan bekyk opslagstruike sowat 2 maande na die terrein ontbos is.
Susan looking at volunteers bouncing back after the area had been cleared.
Nog meer wat haar aandag trek.
More of it attracting her attention.
Uiteindelik is dit wat op Dinsdag 7 Julie gebeur het, na ons in Mei 'n nuwe boukontrakteur bekom het. Ofskoon nie in vorige foto's duidelik nie, kan gesien word hoe groot die helling is waarteen 'n fondament tot stand moet kom. Regs is die toekomstige motorhuisingang sigbaar. Van daar val dit aan die regterkant seker 6 voet tot teen die wand wat daar vertoon, en daarvandaan na links val dit 'n verdere 4 nvoet. Die val van die motorhuis (voor) na die agterkant is dus soveel as 3+ meter. Let op die blink dak merker oorkant die kloof.
This happened on Tuesday July 7, after we've hired another building contractor, Tom Lander.The sharp decline in the slope becomes visible in this photograph. This illustrates the challenge posed for getting to a level foundation. The location of the future garage is on the right. The drop to the back bord is about 6 ft and from there to the left another 4 ft..Hence, the overall drop is approximately 3 meters. Note the marker in the background.
'n Nader blik op die motorhuis-ligging.
Closeup of the garage view.
En 'n verdere blik na die huisgedeelte.
View toward the house section.
Op Vrudag 17 Julie is ons deur hierdie gesig begroet. Ons kon nie eerder in die week hier uitkom nie weens die feit dat ons na 'ons' boom in die kampterrein moes verhuis, na Susan ook weer op dreef moes kom sedert haar ongesteldheid. Let op hoe die struktuur sedertdien opgevul is maar op 'n sonderlinge wyse. Die motorhuis is regs en die res na links, terwyl die dakmerker in die verte vir orientering sigbaar is.
This is what met us on Friday July 17. Moving to 'our tree' at River Ranch RV as well as Susan's having bee under the weather, deayed our getting out sooner. Notice how the 'box' has been filled. The garage is on the right, entrance and house sections are to the left. Note the roof in the background.
Die toekomstige ingang en woonhuisgedeeltes strek na links.
Entrance and further left, the house sections.
Hier volg verskeie video's wat ek nog nie aan die werk kon kry op die blog nie. Miskien kan dit nie, in welke geval ek dit maar sal uitvee.
As yet I haven't succeeded in getting this and additional movies to work on the blog and will probably delete those.
Van die toekomstige sitkamerhoek na die straat toe. Op hierdie punt is die basis sowat 9 voet bo die grondoppervlak. Let op dat die opvulling met sakke sand/gruis gedoen is wat teenmekaar gestapel is. Dit is ook in blokke opgebou waartussen openinge van sowat 1 voet wydte gelaat is. So ook rondom die buitekante.
View from the future living room toward Moon View Drive.At this spot the basis is some 9 ft above ground level Note the bags of sand/gravel used to fill the space in block-wise fashion. The sections are spaced a foot apart. The same spacing is seen around the outer edges.
'n Naderblik; effens ander hoek.
Closeup from a slightly different angle.
Detail van wat tussen die stapelblokke aan die gang is. Let op die 1-voet deursnee kartonbuise wat afgaan tot op die bodem Daartussen is die vore opgevul met gruis, terwyl die stapels ook gruistoppe het.
Detail between the blocks. Between 1 ft diameter tubes reaching to the bottom, the space was filled with gravel; also the tops of the block areas.
Detail waarin die sakke en buise duidelik blyk.
Detail showing the bags.
Nog een. Die gedagte hiermee is dat die staal bewapening wat bo-op en bo-oor die hierdie blokke en vore aangebring sal word, ook met staalankers in die buise bevestig sal word.
The idea is that steel reinforcement would stretch across the entire area and and be anchored into the tubes, ultimately functioning like pilons.
Beton sal dan ook alles gegiet word -- nagenoeg minstens 'n voet dik sodat die omliggende vore soos hieronder daarmee saam opvul om die kant van die fondasie, in die volgende foto, aaneenlopend te maak.
Concrete is to be poured over and into it all -- also around the edges about a foot over the top views seen here.
Hierdie tegnieke wyk skerp af van enige iets wat ons nog gesien het. In Suid-Afrika word huisfondasies slootgewyse gegrawe en aan die Ooskus van die VSA word 'n kelder uitgegawe , 'n fondament gegiet en opgebou totdat die huiskonstruksie dan van grondvlak af opgerig word. Die rede vir hierdie Texas-gebruik is dat die basis essensieel vaste rots is. Dit is ondenkbaar om 'n kelder (basement) oop te skiet. Derhalwe hierdie benadering om 'n 'pad' te skep waarop die bouwerk dan gevestig word.
This technique differs from anything we are familiar with. In South Africa foundation trenches are filled with concrete and reinforcement, while on the East Coast of the US basements are dug and foundations for retaining walls are cast. House construction takes off from atop of these walls. In Texas the base is essentially solid rock, discouraging residential basement construction. House construction is thus founded on a pad with all plumbing and electric wiring in place inside the pad.
'n Blik vanaf ons toekomstige sitkamer. Let op die blink merker in die agtergrond.
View from our future living room. Note the shining marker in the distance.
'n Paar tree verder terug wat die toekomstge sitkamerhoek wys.
A few yards back, bringing the future living room corner into view.
Een van verskeie video's wat volg.
One of a number of video's to follow.
Blik vanaf ons toekomstige voordeur in die rigting van Moon View Drive.
View from our future front door to Moon View Drive.
Vanaf die straat reguit na die toekomstige voordeur in die middel.
From the road to the front door in the middle.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment