Hierdie week het meer aktiwiteit gesien en teen Dinsdagoggend, 22 September was die motorhuis fasia voltooi; goeie vordering met die huis fasia is ook gemaak. 'n Tweede span het begin vensters installeer.
This week saw more activity and on Tuesday morning garage fascia was complete and progress on the house fascia was in evidence. A second team was installing windows.
Dit is wat Willem Woensdagaand begroet het toe hy per telefoon met Tom gesels het. Die dakbedekking was voltooi vir die huis en die motorhuis.
This was the view on Wednesday evening when Willem called Tom, who had not been out there that day. He could report that also the roof sheathing was in place on the garage as well as the house.
Voltooide fasia laat die struktuur van agter af goed vertoon.
Completed fascia and soffit enhance the view from the rear.
Vrydagoggend is die groot vensters aan die weste kant van die huis en ooste kant van die motorhuis ge-installeer.
On Friday morning the tall upper windows on the western side of he house and eastern side of the garage got installed.
Twee manne bo was gereed om die tweede venster te installeer. Maar hoe het hulle die eerste daar gekry? Daar is net drie manne in hierdie span en die derde op die grond was nie in sig nie, totdat hy plotseling met die reuse dubbelglasvenster uit die motorhuis om die draai kom -- man alleen! Hierdie klein Meksikaan is verduiwels sterk en na 'n bietjie meet en pas het hy die venster tussen die stutte op die grond ingewerk.
Two guys were perched on make-shift rigging above. But how did they get the first window up there? Only three guys were on site but the third wasn't around, it would seem, until he suddenly appeared from around the corner of the garage with the huge double-pained window -- all by himself. This thing is heavy but the small Mexican unimaginably strong. After a little maneuvering he had the window in place for hauling upward.
Dit is toe dat die verdere geheimenis ontbloot word. Drie suiers word teen die ruit geplaas en die bande daaraan vas, word na bo gegooi. Die twee manne bo begin die venster hys met 'n bietjie hulp van die onderste ou om dit op koers te kry.
The remaining mystery gave way when the fellow applied sucking devices to the glass and hurled the attached tapes to the fellows up high. They started hoisting the window with some help from the strong man below.
Die sterk man sit hand by van onder af om die plasing akkuraat te doen, terwyl een van die boonste manne op 'n systellasie om die hoek na binne beweeg het en met sy waterpas die finale plasing rig.
One of the men on the perch moved around the corner to the inside, to guide the installation and leveling of the window.
Dan spring die ou buite aan die gang om die raam te bevestig.
The remaining fellow outside goes to work securing the edges to the structure.
Terwyl een man dinge bo afrond, dra die ander twee die drie skuifdeure na hulle bestemmings.
While one man finishes up above, the others move the three sliding doors in place.
Maar daar is 'n haakplek: die raamwerkers het die spasies vir al drie deure te wyd gemaak! Hulle moet terugkom om die saak reg te stel en Willem bel vir Tom, wat die kontrakteur bel. Hy laat weet dat die manne nie moet vertrek nie, hy kry die betrokke bestuurder aan die gang om ramers daar te kry. Sonder Spaans in sy woordeskat probeer Willem die boodskap oordra, onseker of dit suksesvol was. Juis toe skuif daar vet wolke in wat 'n aardige donderstorm ontketen. Willem wyk uit na die stoorkamer, 4 myl weg, om metings te doen op iets wat Tom benodig.
But there is a glitch: the framers for some reason constructed the openings inconsistent and too wide! They would have to return and Willem called Tom, who contacted the contractor. He wanted the men to remain on site, while he arranged for the particular foreman to send the right men out. Willem's non-existent command of Spanish complicated the task of getting the message across. Exactly at that time a huge cloud dumped a sizable shower and Willem dashed to the truck to drive some 4 miles to the storage facility where their stuff was being held, for measurements that Tom had requested.
Terug by die huis is die manne doenig met installering van 'n paar kleiner vensters. Geen bykomstige werkers het opgedaag nie en Willem bel weer vir Tom, wat onsuksesvol is om by 'n antwoordmasjien verby te kom. Die manne pak op en vertrek vir die naweek.
Back at the house, the crew was finishing up installing the remaining small windows. No framers had shown up and Willem called Tom, who unsuccessfully tried to follow up, having run into an answering machine at the other end. The crew thus simply packed up and left for the weekend.
En dit is hoe dinge aan die einde van die week daar uitsien. Wat venstergewyse nog oorbly is die groot skuinsvensters vir beide die huis en die motorhuis. Daardie vensters is nie op die terrein nie en word nog vervaardig. Die rede vir die vertraging is dat die vervaardigers nie van tekenplanne af wou werk nie; hulle wou afmetings van die raamwerk self gebruik. Die ramers aanvaar dat die vervaardiger die metings sou kom doen, terwyl laasgenoemde wag om die metings van die ramer te ontvang. Uiteindelik het iemand die gegewens bekom en wag ons nou op die vensters, soos die hieronder. Ons sal maar sien wat die volgende week oplewer.
And this is how the week ended. Window-wise the tall slanted windows, front and rear, are not on site and have in fact not arrived from the manufacturer. The reason is that the manufacturer didn't want to work off plan drawing specs; he insisted on measurements taken off the frames. The framers assumed the manufacturer would gather the information on site, while the manufacturer assumed the framers would do so. Eventually someone acquired the necessary measurements to get windows constructed, such as shown below. What to expect next week is anyone's guess.