After a week of finger pointing between the building materials company and the framers regarding delaying progress, things got going again on Thursday September 17 with fascia and sheathing. Initially two guys did their thing for a day but on Friday the team had increased to three.
Een werker is bo aan die gang met haaksmaking van die balke vir die fasia, terwyl 'n ander van onder af die bedekkingswerk aan die gang gekry het.
One guy was squaring the beams above, while another got going with sheathing below.
Toe kom dit by installering van die twee luginlate in die weste muur van die motorhuis..
The two air inlet vents were installed next in die western wall of the garage.
Fasia-installasie begin.
Meanwhile, fascia was being installed.
Susan het weggeskram vir die son en het ons die aktiwiteite toe daar gelaat vir die dag.
Susan shyed away from the solar heat and leaving proved the best way
Vrydag het 'n derde man bygespring om vordering aan te help.
Friday saw more progress with a third man on board
Die stokkiefase van die onderneming het nogal 'n esteties bevredigende uitkoms opgelewer. Nou, met alle wande morbied bruin het 'n mens begin wonder of die projek tog wel 'aantreklik kan eindig. Hopelik is hierdie net die papiestadium waaruit 'n skoenlapper sal ontsnap.
The stick phase of the project delivered quite an aesthetically satisfying result. Now, with all surfaces morbidly brown one began to wonder whether or not the the project could still end attractively. Hopefully we were now looking at the pupal case phase from which a butterfly would emerge.
Luginlate geinstalleer in die motorhuis. Willem was besorg oor hitteopbou bo teen die dak en het vanuit die staanspoor beplan om ekstraksie-waaiers te laat installeer. Daarvoor is voorsiening bo in die muur aan die teenoorgestelde kant gemaak, een agter in die volgende foto en een voor.
Air inlets installed in the garage. Willem was concerned about heat accumulation against the roof and from the outset included extraction fans in the design. These are to be installed on the opposite wall -- one in the rear of the garage, as shown in the next photo, the other up front.
Let op die opening vir die ekstraksiewaaier links bo die vensters voor.
Note the fan opening above, left of the windows.
Die haarrysende oefening duur voort en het die manne aangedui dat hulle Saterdag ook sal werk en hulle aspek teen Dinsdag kan voltooi, as ek hulle gebaretaal en Spaans reg verstaan het.
The hair raising exercise continues and the guys suggested that they might complete their aspect on Tuesday, at least, given my non-understanding of their Spanish and relying more on sign language.
Sondagmiddag was die verhoog gereed vir die Beethoven 9-uitvoering in San Antonio, waarna ons die bouprojek gaan besigtig het.
Sunday afternoon the stage was set for the Beethoven 9 performance in San Antonio, after which we went to see our building project.
Heelwat vordering is Vrydag en Saterdag gemaak en versag die wit water-afdigting die voorkoms ietwat.
Progress was noticeable since Thursday and the white water barrier material ameliorates the harsh particle board sheathing.
Lig- en skaduweespeling teen die motorhuismuur.
Light and shadow patterns on the inner garage wall.
Binnebedekking is volgende.
Indoor sheathing still to come.
No comments:
Post a Comment