Saturday, September 5, 2015

Fotostel 6


Teen Maandagmiddag 31 Augustus was meer vordering te bespeur met dakbalke bo die motorhuis en was dit veral die huisgedeelte waarvan die tweede vloer-konstruksie sou verreis.

By Monday afternoon, August 31 further progress with the garage rafters was underway and especially the second floor structure of the house section would be addressed.


Die opening van die trapruimte in die boonste deel skei die 'loft' se twee dele, vanaf die AC/verhittings-vertrek gesien.

The gap between the two sections of the loft is for the stair case from the bottom, viewed from the mechanics room.




'n Tweede vloer muurseksie is opgerig bo die badkamers en die AC/verhitter-vertrek.

A second floor wall section rises above the bathrooms and mechanic room.



Naderby kom die hoogste deel van die tweede vloer muur in sig.

Closeup of the highest second floor wall having been raised.



Van bogenoemde posisie is die haarreisende aktiwiteit van 'n werker aan die motorhuis te sien.

From this location one can marvel at the hair raising antics of a guy working on the garage side.





'n Dakbalk word deur twee manne opgestoot vir vestiging.

A roof rafter is being raised  by two guys for installation.






'n Blik langs  die toekomstige trappe op na die groot venster aan die bopunt.

Looking along the future stairs toward the tall window at the upper end.


Vordering met die dakbalke van die motorhuis.

Progress with the garage rafters.




Die uitdaging van die tweede vloer, huisgedeelte.

The challenge of the second floor house portion to the left.


.'n Paar foto's vanaf die agterplaas

A few shots from the back yard.



Die einde is in sig vir die dakbalke van die motorhuis.

The end is in sight for rafter installation on the garage.


Beduidende vordering met die huisgedeelte.

Significant progress on the house portion.





'n Gedeelte van die 'loft' bo die sitkamer.

Portion of the loft above the family room.







Weereens van voor voordat ek vertrek.

Some predeparture views.






En dit is wat my Woensgaand, 2 September, begroet het, nadat Susan die vorige aand laat uit Suid-Afrika teruggekeer het.

And this is what awaited me on Wednesday afternoon, September 2, after Susan's arrival from South Africa late Tuesday night.



Beide dakke se balkwerk is voltooi.

Rafters completed on both structures.




Ek het onraad bemerk met die groot vensteruitleg hier bo en Tom die aand daaroor gebel. Dit is later reggestel.

I spotted a problem with the outlay of the tall windows on the house side and discussed it with Tom that evening. It was subsequently corrected.





Die lae kant  van die huisgedeelte soos gesien deur die bome aan die buurman se kant.

The low part of the house section viewed from the neighbor's drive way.



Die volgende dag is begin met die verlengstukke vir die dak aan die huiskant.

The next day attaching extension boards to the rafters commenced.



Hierdie onderneming is van binne uitgevoer.

This undertaking was executed from inside.


Hierdie werker open die kombuismuur vir 'n venster bo die wasbak.

This fellow is cutting an opening for installing a window above the kitchen sink.


Dakbalke bo die ingangsportaal 'breeze way' vorder fluks van voor gesien.

Roof beams above the breeze way, viewed from the front.


En ook van agter.

And from the back.




Sitkamervensters.

Family room windows.




Die slaapkamerhoek met vensters na die straat, regs en aan die motorhuiskant, links.

Bedroom windows facing the street, right and the garage, left.


Balkwerk vir die 'breeze way' van uit die 'loft' besigtig.

Breeze way roof beams viewd from the loft.



Die suidelike 'loft' met muur langs die trappe en kolom vir hitte/verkoelings-pypwerk.

The southern part of the loft with wall next to the stairs and a column for AC/heating duct.





Van die 'loft' in die rigting van die eetkamerarea.

View from the south loft in the direction of the dining area.


En in die rigting van die sitkamervensters

And from the north loft in the direction of the family room.



Loft-uitsig na die suide.

Loft view to the south.


Vertrektyd.

Time to leave.


Saterdagoggend kry Susan haar eerste blootstelling aan die vordering na haar terugkeer en word ons deur 'n bokkie voor die huis verwelkom.

Susan got her first exposure to progress after her return from abroad. We were met by a deer grazing in front of the worksite.




Susan neem foto's en Willem verduidelik.

Susan takes photographs while Willem explains.






Willem is met 'n leer op en verduidelik vanaf die loft in die rigting van die eet gedeelte.

Willem went upstairs with a ladder and explains things, looking down toward the dining area.


En in diie rigting van die sitkamer.

And in the direction of the family room.






Bo-oor die tweede huis na die ooste is hierdie merkwaardige huisontwerp by die draai aan die einde van Moon View Drive. Hierdie is 'een van sewe huise in die VSA, wat 'n Sweedse argitek ontwerp het met 'n reuse windopvanger. Lug word agter langs na onder en onder die huis deur gevoer en volgens die eienaar het hy beswaarlik lugversorging in die somer nodig.

Across the second residence to the east this remarkable house design is an eye catcher  toward the end of Moon View Drive. It is one of seven in the USA, designed by a Swedish architect and incorporating a humongous wind funnel. Air is directed down the rear and passes underneath the house. In conversation with the owner, he stated that he hardly uses AC in summer.


My windtonnel tussen ons twee strukture het dieselfde onderliggende gedagtegang maar neem nie naastenby dieslfde afmetings aan nie! Ons verwag dat wind vanuit die oorwegende somerwindrigting deur die 'breeze way' sal beweeg en selfs daar na binne gerig kan word om aansluiting te vind met lug wat deur vensters in die loft en leefkamer inkom en die huis deur vensters in die slaapkamer verlaat.

My wind tunnel between the two structures articulates a  similar concept but not nearly of comparable proportions! We anticipate the breeze way to experience a significant air flow from the prevailing summer wind direction, which can in principle be diverted into the family room, to meet up with air entering through windows in the loft and family room and exiting through the bedroom.





Susan teen die wand van die bastion.

Susan posing against the bastion.


No comments:

Post a Comment