Monday, February 22, 2016

Vloed tot Nuwe HP

Danksy 'n nuwe rekenaar wat Hans ons help bekom en tem het, kan ons die Huisboublog weer aan die gang kry. Dit was maar 'n ontwrigde tyd vir ons in menige opsig en dit sal seker nog geruime tyd neem om weer 'normaal' te voel en te funksioneer. Daartoe sal voltooïng van ons huis grootliks bydra. Dit mag nog twee maande of meer neem maar ons bly optimisties dat dit gouer mag wees. Sedert ons ontwrigting het ons vir geruime tyd nie ons kameratjie gebruik nie omdat die laaier verlore was. Sedert ek 'n nuwe laaier gekoop het, het dit beter begin gaan, ofskoon afwesigheid van 'n rekenaar 'n demper op huisboufotografie was.

Hier verskyn die inhoud van die geheue tot 'n week of so gelede. Dit sluit meer as net huisboufoto's in en toon 'n bietjie van ons persoonlike omstandighede en lief en leed.

Due to Hans having helped us to acquire and tame a new computer, we are back on the air with our house building blog. In many respects it has been an unsettling time for us and returning to a semblance of 'normalcy' is  going to take a while yet. Completion of our house should largely contribute to such. It might take two more months but we are optimistic that it could be a little sooner. Since our mishap we haven't had use of our little PowerShot camera, which survived, having been in the truck. The charger was not. I found a replacement on Amazon and matters improved somewhat, although the absence of a computer placed a damper on creating blog materials.

I downloaded the accumulated camera chip content and left it largely unedited below. It thus covers more than only house building; also a bit of our existence of late.



Ons RV in die middel nadat die polisie my ongeveer 7:30 v.m. op 30 Oktober 2015 beveel het om die GMC na hoër grond te verwyder  en die water vinnig aan die styg was. Ek is nie toegelaat om terug te gaan en noodsaaklike items te verwyder nie -- rekenaars, telefone, dokumente, ens. Let op die boot, opgevou teen die kant.

Our RV in the middle after the police had instructed me to get the GMC truck to higher ground at about 7:30 a.m. on October 30, 2015. The water level was rising rapidly and I was not permitted to return by foot to retrieve critically important items -- computers, telephones, documents, etc. Note the folded down and attached boat to the side.


'n Paar minute later begin die water aan die onderkant van ons sleepwa onder die boom raak en die sleepwaens links en regs wys dit ook.

A few  minutes later the water reached the bottom of the trailer beneath our lovely shady tree site and the trailers to the left and right show the same.


'n Offisier hou die waterlyn dop. Dit is net 'n kwessie van tyd.

An officer checks the water level. It was just a matter of time.



Hier en daar poog mense nog om iets te red.

Higher up folks were securing whatever they still could.


En dan begin ons RV vorentoe dryf.

And then our RV began to move forward.


 .......  en dryf.........

......and float ......


.......en dryf  ........

.....and float ......


Weke later kon ek die sleepmerke van veral die voorste staalvoetsukke in die teerpad en oor die betonstaanplekke sien, al langs die baan wat gevolg is.

Weeks later I could see the deep scratch marks in the asphalt and across the concrete slabs made by the extended front steel supports of the trailer, leaving tracks toward the fence.



Teen hierdie tyd was die waentjie wat in die eerste foto's links was, reeds weg en 'n ander verder af links staan nog.

By this time the little cargo trailer to the left on the earlier photographs was already gone, while others to the left were still standing.






In die agtergrond mik ons RV vir die grensheining. Later het die sleepmerke getoon dat dit sondermeer die heining platgeloop het.

Way in the back our trailer heads for the fence. Later on the scratch marks below showed that it obliterated it effortlessly .



Hier is die vordering onder die brug deur.

Progressing underneath the bridge.




'n Laaste kykie.

A last glimpse.

En kort daarna was dit buite sig, weg stroomaf.

And shortly after it was out of view, gone downstream.






Na die noodvoertuie weggetrek het, kon ek onder die brug deur maar van ons RV was niks te sien nie. Daar was wel oorblyfsels van ander in die bosse om bome gevou.

Met niks verder te leer nie moes ons maar iewers heen en het ons na die kerk toe gegaan, hopende om daar raad of hulp te bekom. Sonder telefone en met net die nat klere aan ons lywe as karige besittings, moes ons nuut begin.

So vroeg in die oggend was die sekretaresse, Kimberley, die enigste by die kantoor en het sy met groot vaardigheid op die telefoon doenig geraak. Binne minute was verblyf gereël en het een van die predikante ons per telefoon te woord gestaan.

Ons is spoedig na Walmart waar 'n wonderlik begripvolle jongman ons van telefone voorsien het, die onderskeie diensleweransiers gebel het en veral met AT&T onderhandel het om ons 'smart phone'- diens tydelik op te skort, terwyl ons 'n goedkoop telefoon aan die rekening kon koppel tot tyd en wyl duidelikheid oor die lotgeval van ons RV en inhoud verkry is. Met kommunikasie herstel, kon ons ons kinders bereik en inlig, asook ons naaste SA vriende, die Van Vuurens, sowat 80 myl hiervandaan.

Ondertussen het Gaye Meyers ons per telefoon in Walmart bereik en kon ons daarvandaan na die huur-'cottage' gaan wat sy vir 'n week tot ons beskikking gestel het, waarna dit reeds verhuur was. Daarna terug na Walmart vir voorrade en kom oproepe van hulpverlening van kerkmense in, insluitende vir 'n afspraak met twee pare wat vir ons bereide etes vir etlike dae gebring het. Onderstaande is van die dekorasietjies in Gaye se herberg,

After emergency vehicles had left we could pass through but there was no sign of our house. Residues of other trailers were draped around trees in the bushes, though.

With nothing else to learn we had to go somewhere and went to church, expecting to get some advice and perhaps, help. Without telephones and with only the drenched clothes on our backs as primary possessions, we had to catch our breath and start anew.

So early in the morning only the secretary, Kimberley, was at the office and she got going on the phone with great skill, as if handling such things daily. Within minutes she had arranged accommodation and next, she had pastor Berdj on the line, giving some poignant advice.

We soon departed for Walmart where a wonderfully compassionate young man provided us with new telephones, called the service providers and negotiated with AT&T to temporarily suspend our smart phone service, while linking a low price device to our account until we have clarity on the fate of our smartphone. With restored communications we could call and inform our children and our closest South African friends, the Van Vuurens, about 80 miles away.

Meanwhile Gaye Meyers reached us by phone in Walmart and we could have a rental cottage of theirs in town for a week, after which it was rented. Then back to Walmart for supplies, while calls from folks offering help came in, including one from Don and Marty Miller, scheduling a time to meet with us. In the evening they showed up accompanied by Dr. Gary and Margaret Ann Bird with delicious meals which would last us a number of days.

The cottage is very charming and inspiring and some of it is shown below.






Teen die aand kon ek met my nuwe hemp en die i-pad, wat onbegryplik, nie verlore gegaan het nie, ons administratiewe lewe weer aan die gang kry. Dit was die eerste keer in ons lewens dat ons totale klerebesit met 100% in een dag toegeneem het!

That evening I could start pulling our administrative life together (all dressed up in new and dry Walmart clothes!) on the i-pad which, incomprehensibly, wasn't lost. This was the first time in our lives that our wardrobes doubled contents in a single day!









Ons was vir vyf dae hier en met niks meer te doen  nie, terwyl ons wag vir nuus van die polisie oor ons RV, het ons 'n uitnodiging van Marietjie van Vuuren aanvaar om daar te gaan afsaal, terwyl Peet ook uit die buiteland sou terugkeer. Op pad na Spicewood het ons by ons huisbouprojek aangedoen.

We stayed here for 5 days and with nothing more to do in New Braunfels, while waiting to hear from the police about our RV, accepted an invitation from Mariki Van Vuuren to escape from it all, while Peet would also return from abroad. En route to Spicewood we stopped at the building site.





En toe na die Van Vuurens, vir wie Susan 'n bos rose gekry het.

And then on to our friends for whom Susan had pick up a bouquet of roses.






Dit het erg feestelik gegaan met o.a. koekstruif van Susan se kant af na Peet se terugkeer uit Singapoer.

We were in quite a festive mood with, among others, a trifle creation of Susan's upon Peet's return from Singapore.







Terug in New Braunfels was Tom Lander ontevrede met die lang muur van die motorhuis en het hy die bedekking laat afbreek, die struktuur laat verstewig en is die manne hier besig om dit te herbedek.

Back in New Braunfels after a week. Tom had not been satisfied with the tall wall of  the garage and had it stripped down, reinforced and better sheathing installed.




Ons was vir 2+ weke in 'n woonstel by die Schlitterbahn in New Braunfels tuis, wat ook deur bemiddeling van die kerk tot ons beskikking gekom het. Ondertussen was daar geen taal of tyding van die RV nie en het Geicoversekering geen vordering met ons eis gemaak nie. Hulle wou weet waar die RV is sodat die omvang van die skade bepaal kon word. Nie ek of die polisie kon die inligting verskaf nie en nie voor ek laat in November toevallig op U-Tube ons RV stroomaf van die kampterrein sien wegdryf het nie, het Geico begin dink aan 'total loss'. Kyk op Google by Guadalupe flood 065

Ondertussen het 'n afgetrede tandarts van ons kerk vir ons 'n woonstelletjie bo-op hulle motorhuis beskikbaar gestel. Hulle een seun is 'n sendeling in Kanada met 'n gesin van 9 kinders. Wanneer hulle kom kuier, dra Fred en Coleen hulle huis aan die besoekers oor en trek die woonstel in. Verlede jaar sou die besoekers nie oor Kersfees kom nie en stel hulle die woonstel tot ons beskikking vir so lank as nodig totdat ons huis klaar is! Sulke stabiliteit is vir ons goud werd.

We were in an apartment for two weeks at the Schlitterbahn in New Braunfels, which was made available to us by arrangement of the church, Meanwhile there was no news about the RV and Geico made no progress with our insurance claim; they wanted to know where the trailer was, so they could assess the extent of the damage. Neither the police nor I could tell them that and it wasn't until late November after I've spotted our RV on U-Tube floating down the Guadalupe that Geico began to think about 'total loss'. Check Google: Guadalupe flood 065

Meanwhile a retired dentist of our church made an apartment above their garage available until our house would be done! Their one son is a missionary, currently in Canada, and when they and their family of 9 kids come visiting, Fred and Coleen Willard hand over their house and move into the apartment. The visitors were not expected over Christmas 2015, so they invited us to make use of it. Such stability was worth its value in gold to us.




Bostaande in Fred-hulle se huis  met 'n melktert van Susan vir hulle.

The above shows the dining area in the Willard house with a 'melk tert' of Susan's for them.


Stadig maar seker vordering met verskillende sub-kontrakteurs wat hulle dinge kom doen.

Slowly but surely things were moving forward at the building site.



Op 18 Desember, presies 7 weke na die vloed ontvang ons 'n oproep van die Guadalupe River Authority dat die RV in Dunlap Lake is!


On December 18, exactly 7 weeks after the flood, the Guadalupe River Authority called to inform us that the trailer was in Dunlap Lake!



'n Eertydse kampvriend, wat gereed maak om die volgende dag vir drie weke  na Florida te vertrek, bied aan om die situasie te help ondersoek en daag binne 'n uur met sy boot op.

An erstwhile camper friend at River Ranch RV, who was preparing to depart for Florida the next day, offered to help investigate the matter and was at the site within an hour with his boat.






Uiteindelik is Mike Reilly aan boord.

Mike eventually on board.


En is ons op koers.

And away we were.


Dit lyk verbasend genoeg asof minder skade gedoen mog wees as wat ons sou vermoed het. Maar dit is duidelik dat die afdak (awning) beskadig is, die dak bokant deur 'n boom getref is en die  voorruit uitgebreek is.

It appeared surprisingly undamaged until we got closer. The awning support was torn loose and the trailer had hit a tree that damaged the upper edge above the bedroom window and also took out the window.



Aan die opdrifsels teen die gordynkap kan gesien word dat die hele vertrek op 'n stadium vol water moes gewees het. Alles binne in was deurdrenk, het uit kaste gespoel en is op en rondom die bed verstrooi,
.
Muf was ooral en in die lug en bloed weinig kon gered word. Selfs hemde wat ek uit die hangkas geneem het, het nie later die wasmasjien oorleef nie en gate het daarin geval. Daar was geen hoop vir dekens, kussings en komberse nie en is alles maar net so gelaat. Dit was nogal 'n bekommernis oor wat ons besig was om in te asem en het ons die verkenning maar so kort as moontlik gehou.

Water-drifted deposits on the inside of the pelmet indicate that virtually the entire room had been flooded at some point. Everything inside had been drenched, flushed from cabinets and scattered on and around the bed.

Mold, mosquitoes and other insects were pervasive and practically nothing would prove salvageable. A few shirts I removed from the wardrobe later showed the futility and it made no sense to retrieve blankets, pillows, duvets, etc. so those were simply abandoned. What we were inhaling was of some concern and we would minimize our exposure.



Merk die opdrifsels oorkant op.

More water-deposited dirt on the opposite wall.


Mike het 'n waterpak saamgebring waarmee ek na binne is.

Mike's waders were ideal for exploring the interior, where the water level was some 3 foot high in the kitchen/living areas.


Let op opdrifsels bo die koppenend van die bed en die kassies bo waaruit alles gespoel is.

More dirt below cabinets, showing that water had entered and flushed the contents out.




Ek is deur die sitkamer/kombuisgedeelte wat steeds onder 'n paar voet water was, daar dit laer as die slaapkamer is, waarvan die buitedeur getuig. Weereens was dit duidelik dat die RV op 'n stadium erg vooroor moes gekantel het en water feitlik alles in daardie deel oorstroom het, die sitbank omgekeer het en ongeveer alles uit die oorhoofse kaste uitgespoel het.

Die agterste kamerdeur was vasgeswel en kon ek dit nie oop kry nie. Ek is terug na die boot en het vir Mike beduie dat die deur oopgebreek sal moet word. Hy had meer energie oor as ek, is ook veel sterker en is die RV deur die venster in. Ek het slae gehoor en naderhand kom hy uit met 'n kartondoos wat droog was met ons HP drukker daarin! Die agterste kamer het 'n 'bunk bed' en dit blyk dat alles wat daarop was droog gebly het. Verdere items was ons dokumentekas met die mees kosbare dinge onbeskadig: paspoorte. naturalisasiesertifikate, ens! En 'n kartondoos vol speserye, kurkdroog. Ongelukkig is dit nie waar rekenaars en telefone was nie; laasgenoemdes is nie gevind nie en eersgenoemde is onder die water uitgevis -- totaal onherstelbaar.

I passed through the living area in a couple of feet of water due to it being lower than the bedroom, as indicated by the front door. Evidence was clear of a sharp forward tilt which had water flooding the area sufficiently to flush overhead cabinets clear of their contents and overturning the couch in the living room.

The sliding rear bedroom door was completely swollen shut and inoperable. I returned to the front bedroom and indicated to Mike that the door will have to be destroyed. He had more energy, was also physically much stronger and made his way in. He fished something solid out from under the water and I heard pounding noises from inside. Then Mike emerged with a bone dry carton box containing our HP printer! The rear bedroom had bunk beds and everything on the upper bed was dry. Next came my document box with files containing our most precious documents -- passports, naturalization certificates, etc. And a dry carton box with a considerable number of spice containers. Unfortunately, computers and telephones were not on that bunk and the aforementioned could be fished out of the water below, while the latter were not seen again.



Mike handig houers deur die venster aan.

Mike passing containers through the window.


Mike's daughter guiding our return.


Terugvaart na die vertrekpunt.

Headed for the ramp.


Tydens hierdie verkenning en herwinningspoging het geblyk dat ons boot wat opgevou aan die teenoorgestelde kant vasgeheg was, onder water was en ons nie kon sien of dit beskadig was nie. Dit was prakties onmoontlik om dit te probeer herwin en sou moes wag totdat die watervlak laer is of die RV vlotgemaak sou word. Laasgenoemde aksies kon beskadigend wees.

Die beampte van die Guadalupe River Authority wat my oor die vonds van die RV ingelig het, het my meegedeel dat die sluis van die dam op 7 Januarie oopgetrek sal word om die watervlak met 4 voet te verlaag sodat onderliggende voorwerpe wat sedert die vloed vir onspanningsbootvaart gevaarlik mag wees, ge-identifiseer of verwyder kan word. Dan sou ons kon vasstel of die boot en bybehore in die ruim herwinnigregverdiging sou bied.

Al hierdie opwinding was minder as 'n week voor Kersfees, terwyl die dorp getooi was vir die gety en vesrkeie tonele  soos die volgende saens sigbaar was.

During this exploratory and reclamation attempt we found that our 14 ft. boat, folded up and attached to the away-side of the trailer, was deeply submerged. We could not assess whether or not it had been damaged. It was impossible to reclaim it. Such had to wait until the water level would be considerably down, or the entire RV could be gotten out. The latter might result in destruction of the boat.

The official of the River Authority who informed me of the RV's finding, told me that the water level of the lake was due to be lowered by about 4 ft as from January 7 in order to identify and remove submerged flood-related objects that might be dangerous for recreational users. It would present an opportunity to see if the boat and related items could be recovered from the cargo holds.

Al of this excitement happened a week before Christmas, while the town sported an abundance of seasonal decorations, such as shown below.


Ondertussen het Herine en Matt hulle voorneme om Susan te kom verras met 'n besoek oor Kersfees, met my gedeel. Toe een van ons weldoeners vertroulik daarvan verneem is Herine versoek om met haar tjello tydens die Kersfeesdiens op te tree en ook die daaropvolgende Sondag, voor hulle die middag na Chicago terugvlieg, Wonder bo wonder het die nuus nie uitgelek nie en ontmoet ek haar met Matt en Teo op 22 Desember op Austin se lughawe, hier onder.

Meanwhile Herine and Matt had shared their intention with me to surprise Susan with a visit over Christmas. When one of our benefactors learned about it confidentially, Herine was asked to contribute to the music programs with her cello on Christmas eve and on the following Sunday before departing for Chicago later that afternoon. Against all odds, the news did not leak out and I met their flight on December 22 at Austin Airport.




Ek het hulle na ons woonstelletjie geneem, waar Susan toe te gou vir my om die kamera gereed te kry, deur Claire Lander besorg is. Sy was nietemin totaal stomgeslaan toe sy die deur oopstoot en daar staan Teo!

I took them to our apartment where Susan was returned moments later by Claire Lander -- too soon for me to get ready for the critical shot! She was nevertheless speechless when she opened the door and there was Teo!




Teo doenig met 'n aandagtrekker, totaal onbewus van die belangrikheid van my herwinde dokumentrommeltjie agter hom.

Teo abruptly found better things to attend to, oblivious of the importance of my black file box in the rear.


Die eerste orde van besigheid vir Matt was dat ons moes 'brisket' eet by 'n braaihuis waarvan hy in Chicago gehoor het.

Matt's first order of business was to head for a brisket treat at a place recommended to him in Chicago.


En dit het ons sondermeer gedoen.

And we joined without hesitation.






Teo het goed ingeburger in dieselfde 'cottage' wat Gaye weer tot ons beskikking gestel het. 'n Bietjie verwelk teen die aand.

Teo adapted well to the same cottage that Gaye had originally made available to us. A little droopy toward day's end.


En die volgende oggend was die huis in wording vir hom 'n gawe ondervinding.

The next morning the house in progress proved to be a good experience for Teo.























Kersoggend het aansienlike voordele vir veral Teo ingehou.

Christmas morning had considerable advantages for Teo.




















En teen middagete se tyd het Matt 'n Koschak-tradisie van manhattans in stand gehou.

By dinner time Matt treated us on a Koschak tradition -- manhattans.





Teen Nuwejaar was daar meer vordering met die huis se verfwerk.

By New Years more progress with the painting was observable.





Ons is weereens na die Van Vuurens, waar Susan tot alle bevrediging gepresteer het!

We returned to the Van Vuurens, where Susan again delivered to general satisfaction.


Op die oggend van 9 Januarie was die watervlak in der daad verlaag en het Dan De Boom en Gary Holub, jongmanne van ons kerk en 'n vriend van Dan, Andy, kragte en bote saamgesnoer om te kyk of ons my boot plus bybehore kon herwin.

Early morning on January 9 showed the water level down indeed, when Dan De Boom and Gary Holub, young guys from church and Andy, a friend of Dan's, combined strength and rafts in an attempt to retrieve my boat and related items from the cargo holds.




Andy and Dan


Dit was 'n bedrieglike onderneming daar die RV skynbaar hoog en droog gestaan het maar in werklikheid in minstens 3 voet diep klei! Ek het vinnig kniediep ingesak en het een van die manne my uit my waterstewels kon trek, nadat hy iets stewig kon nader bring vanwaar hy my en agterna my stewels kon uitkry. Dit was 'n enorme gesukkel om die boot aan die teenoorgestelde kant los te kry en na die opblaasboot te kry. Dan het dit teruggesleep na die oorkant. Ondertussen het ek die bergruimtes onder deurgewerk en alle verdere bybehore van die boot uitgekry. Die voorste bergruimte onder die oorhang was totaal ontoeganklik weens die moddersituasie en moes die inhoud maar daar gelaat word. Ek het egter verskeie elektriese waaiers, my George Foreman braaier en twee elektriese braaipanne uit die RV gekry vir wat dit werd mog wees. Maar ander moontlik waardevolle dinge, soos my gereedskaptrommel, elektriese gereedskap en 'n gasbraaier was nie meer in die bergruimtes nie. Daar was aanduidings van plundering, bevestig deur die gaasdeur van die RV wat totaal uitgebreek was. Maar of iets van werklik herwinbare waarde voete gekry het, is redelik twyfelagtig.

Die groot triomf was die herwinning van my boot met alle toebehore. Niks daarvan moes vir andere nuttig gelyk het nie want veral laasgenoemde was nog onverstoord in die ruim vasgetrek. Gary het alles wat uitgekom het op sy sleepwa vasgetrek en na Fred Willard se plaas geneem waar hy die sleepwa gelos het vir my om dinge verder te voer. Dit het ek en Susan 'n paar dae later gedoen toe ons alles item-vir-item skoongeskrop en in 'n skuur weggesit het.

Ek het alle elektriese waaiers (4) weer aan die werk geky asook twee braaipanne, nadat ek 'n weerstandjie in die beheereenheid van een moes vervang. Gistraand (19 Februarie) het ek 'n groot salm op die Formanbraaier gaar gemaak. Fyn elektroniese eenhede was onherwinbaar maar tot my verbasing het ek 'n stofsuier aan die gang gekry.

It was a deceptive undertaking, because the RV appeared high and dry, while it was actually atop at least 3 ft of clay. I abruptly sank to my knees into it and Andy came to the rescue by having found a board from which he could pull me out and then did so for my water boots as well. It was quite a struggle to reach the boat on the other side and for Andy to remove it from the brackets to get it to the raft. We also removed the brackets so I can mount the boat against my garage wall for storage, some day. Dan hauled Andy's raft with boat plus to the ramp where we started out from and returned to us.

Meanwhile I worked through the side hold accesses and retrieved all parts needed for assembling the boat. Not a piece was missing thanks to the fact that I had all of those secured to the front wall of the major hold with bungee cords. The front hold underneath the bedroom overhang was inaccessible because of the mud and whatever was in there had to be abandoned. I did succeed in recovering 4 electric fans, my large George Foreman grill and two electric skillets from the RV for whatever they might be worth. But other potentially valuable items, such as my tool box, electric saw, drill and gas grill were missing. There were strong indications of looting having occurred; for instance, the screen door was utterly destroyed and the entry door bent. Whether any of the missing things could have been revived is open for debate, although I subsequently succeeded in reviving 4 electric fans and two skillets, including a thermostat unit, which required a resistor in place of one which had rusted off. A couple of days ago ( February 19) I was able to cook a large salmon on the Foreman Grill after a thorough work over. I even revived a vacuum cleaner!

The major triumph was reclaiming the boat with all its belongings. None of it must have appeared useful to looters; likewise the boat with an unfamiliar folded up shape. Very few guessed correctly what it might be in campgrounds along our extensive travel route in the past.

Gary tied everything that came out to his sizable trailer and hauled it to Fred Willard's farm where he left the trailer for me to handle afterwards. Susan and I did so a few days later when we scrubbed everything off with clorox to get rid of algal growth on some. The harvest is now in Fred's barn awaiting  completion of its permanent home.


Die laaste blik op Geico se eiendom, wie se verantwoordelikheid dit geword het om dit te verwyder! Ek het hierdie week verneem dat dit steeds daar is en dat die maatskappy in samewerking met die River Authority werk aan 'n baggerplan, wat sommer die skoonmaak van die meerbedding, waar nodig, sal insluit.

A last glimpse of Geico's property, whose responsibility it became to get it out of the lake. I learned last week that it is still there and that the company is collaborating with the River Authority on a barge plan, which would include cleaning the lake bed where needed.


Op 25 Januarie was Herine terug in Austin, waar haar groep, 5th House Ensemble (  http://fifth-house.com/   ) 'n kontrak met die University of Texas gehad het om vir 5 dae met die musiekstudente te kom werk en dit met 'n konsert deur hulle groep af te sluit. Ons het haar daar in haar hotel besoek en 'n konsert meegemaak wat baie goeie resensies en 'n voortsettingsooreenkoms tot gevolg gehad het.

On January 25 Herine was back in Austin with her professional group, 5th House Ensemble ( http://fifth-house.com/ ) that had a contract with The University of Texas to work with the Music Department students for 5 days and to conclude it with a concert performance by the group. We twice visited with her and attended the concert which drew good reviews and a continuation agreement.



Terug by ons belange is dit die binnewerk wat nou aandag kry.

Back on site the interior is beginning to receive further attention.


In die rigting van die eet-area met kombuis en noorde loft links.

In the direction of the dining area with the kitchen and north loft, left.



Waar die trappe sal kom en die venster vir Hannes (Petro) van der Walt se gekleurde glas vuurpylontwerp wat ek gedurende die jaar behoort te maak en installeer, met die motorhuisdak in die agtergrond.

Where the stairs will be installed and the window for Hannes (Petro) van der Walt's stained glass aloe design, which I hope to make and install within the year. The garage roof across from the breeze way is in the background.


Die kombuis in die rigting van die tussenvertrek -- breezeway.

Through the kitchen in the direction of the breeze way.



Sitkamer en suideloft met Susan by trappaal.

Living room and south loft with Susan at the stair post.






Slaapkamer.

Bedroom.



Vanuit die slaapkamer in die rigting van die eet-area met groot venster teenoor die kombuis.

From the bedroom in the direction of the dining area with the tall window opposite the kitchen.


Sitkamer  van onder die suideloft.

Living room from underneath the south loft.


Voordeur in breezeway.

Front door in breezeway.


Kombuis links en sitkamer. regs vanuit die breezeway.

Kitchen, left and living room, right from the breezeway.


Sitkamervensters vanaf die patio.

Living room from the patio.



Breezeway vanaf patio.

Breezeway from patio.


Sikamervensters vanaf die noordeloft.

Living room from north loft.


Suideloft vanaf noordeloft.

South loft from north loft.



Plafon vanaf die suide loft.

Ceiling from south loft.


Uitsig uit suideloft.

View from south loft.


Vensters in suideloft met motorhuis in die agtergrond.

Windows in south loft with garage in the background.


Vanuit die kombuis met toegang tot die slaapkamergedeelte links

From the kitchen showing entrance to powder room and bedroom section, left.


Breezeway na patio,

Breezeway to patio.


Breezeway na voordeur en kombuis, agter.

Breezeway to front door and kitchen door, right.



Motorhuismuur.

Garage wall.


Motorhuis vanaf suide.

Garage from the south.


Patio in die middel.

Patio in the middle.


Geheelbeeld vanuit die suide.

Full views from the south.



Oostemuur.

Eastern wall.

Uit verskeie hoeke vanaf die straatkant.

From various angles, street side.




Toegang na agter.

Access to the rear.