Sedert die laaste plasing van 27 September het bitter min gebeur. Daar is gewag op die laaste vensters vir bo, voor en agter. Na dit afgelewer is, het die manne wat die peister- en verfwerk kom doen hulle takelwerk opgerig en toe die vensterspan daarvan hoor, wou hulle eers hulle werk voltooi deur van die takelwerk gebruik te maak. Die dakmense het ondertussen hulle waterafdigting voltooi maar wou nie met die dak aangaan nie omdat hulle die verfwerk van die fasia voltooi wou sien, anders word hulle werk bespuit. Die een het dus vir die ander gewag en toe ons op Sondagmiddag 11 Oktober weer daar opdaag, is dit wat ons gesien het.
Since the last placement of September 27, very little progress was made. The outstanding tall windows were ultimately delivered, while the stucco and paint contractor got going with installing his scaffolding. When the window installers learned about it, they insisted on using the scaffolding to complete their work. Meanwhile the roofers got their water barrier material in place but did not want to continue before the fascia was painted, to not have their roof work sprayed over. Various contractors were thus waiting on one another and when we got there on Sunday October 11, this is what we saw.
Voor en agter vertoon die voltooide vensters so deur die takelwerk darem gaaf.
The completed window job shows promise through the scaffolding in the front and rear.
'n Paar foto's binne toon die trapoplope na die lofts ingeraam by die voordeur en kombuisdeur. By die voordeur is dit bo die vaste deel van die skuifdeur en is die gedagte om 'n vloedlig daar te installeer wat uiteindelik sal afskyn op een van ons beeldhouwerke. Dit blyk dat die skuifdeuropeninge ook vernou is, sodat die deure hopelik eersdaags sal inkom
A couple of photo's inside show the framed in stairs to the lofts at the front and kitchen entrances. At the front door it is over the fixed portion of the slide door and the idea is to have a flood light shine from it onto one of our sculptures. It seems that the slide door openings have now been properly framed for the doors to hopefully be installed soon.
By die kombuis sal die trapinraming 'n lig oor die ingang verskaf.
At the kitchen side a light under the stair frame should illuminate the entrance.
Vergroting van die AC/verhittings-toerustingkamer uit die loft, het 'n kinkel in die slaapkamer bo die ingang van die badkamer laat ontstaan. Dit beteken dat die bo-vensters eintlik langs 'n interessante dog onbenutbare nis is en is ons gedagte nou om daar 'n bynase kandelaar te laat afhang wat miskien in die donker goed van buite af kan vertoon.
Following Tom's insisting that the mechanic room in the north loft be enlarged, it gave rise to a wrinkle in the bedroom, above the bath room entrance. The high window is thus along the side of an interesting but useless niche. We now think that a 'chandeliery' fixture might render the area attractive at night, when viewed from the street side.
No comments:
Post a Comment