Op Woensdagoggend 14 Oktober was die deure in hulle plekke. Die voordeur is 'n tydelike deur en die vensteropeninge is nog gevul met laaghout om later met glas vervang te word.
On Wednesday morning, October 14, the doors were in place. The front door is a temporary thing and side and top window frames have particle board coverings that should ultimately give way to glass.
Aan die anderkant van die tussenportaal is die skuifdeur by die patio ook in.
On the other side of the breeze way the sliding patio door is in as well.
En van binne na buite
As viewed from the inside.
Op die patio is die deur na die motorhuis.
Door to the garage from the patio.
Dieselfde van binne na buite
And viewed from inside the garage.
Die skuifdeur tussen die tussenportaal en die sitkamer.
Sliding door between the breeze way and the family room.
En in die teenoorgestelde rigting, die deur tussen die portaal en die motorhuis, met die patio na links.
And in the opposite direction across the breeze way, the door to the garage.
En so vertoon die deure van die agterplaas af.
Patio with breeze way door from a distance.
Donderdagoggend is ons gevra om ons verfkleure op die terrein met die kontrakteur te bevestig en het sy man onverwyld aan die gang gespring met die ligte kleur onder die oorhange. Toe ons Saterdagmiddag gaan kyk, is 'n verwer steeds besig en is al die oorhangwerk 'n keer geverf en die van die huis se tweede laag is ook voltooi. Die fasia van die huisgedeelte se eerste laag was byna voltooi.
We were asked to confirm the outside paint colors on site on Thursday morning, upon which a painter got going forthright. First was the soffit and by the time we returned on Saturday afternoon, a guy was still at it, having completed the first coat of all, the second coat of the house section soffit and he was just about finishing the first coat of the fascia on the house.
En hier kry die onvoltooide deel aandag.
The unfinished part receives attention.
Hier is minstens twee dae se verfwerk van hierdie soort oor maar sal ander aspekte waarskynlik volgende week gelyktydig aan die gang kom.
At least two days of this kind of painting remain to be done. But other aspects of the project will probably be addressed by other teams, such as attaching the mesh for the stucco and finishing the floors.
No comments:
Post a Comment