Vir die wat nog nie hiervan verneem het nie, dit is omdat ons julle kontakbesonderhede verloor het toe ons RV verlede Vrydag, 30 Oktober, deur die Guadaluperivier weggesleur is. Ons het met die klere aan ons lyf daarvan afgekom en ook die GMC-trok kon red. Alles wat ons gehad het is veloor, insluitende rekenaars, telefone, tjekboeke,paspoorte en letterlik alles wat aan boord was.
Na groot storms stroomop van New Braunfels het die rivier besonder vinnig gestyg en 5 minute na die eienaar en bestuur van die kampterrein nog aangedui het dat hulle die situasie dophou, het die polisie aan die deur geklop en gese ons moet onmiddelik aanhaak en trek. Ek kon nie deur die prosedure kom voordat hulle my gedwing het om die trok te red en die res te laat nie. En dit is wat ek moes doen.
Die i-pad was in die trok en Susan het gelukkig my beursie gegryp voor sy uit is. Maar hare het agter gebly. Hiermee kon ons dus dinge aan die gang kry met my kredietkaarte en het die kerk ons ook tehulp gekom met akkomodasie by 'n eienaar van kondominiums, tot Woensdag. Daarna het ons hier na Peet van Vuuren-hulle gekom, wat twee weke gelede 80 myl noord-oos van ons af ingetrek het. Hulle is voorgraadse studentevriende sedert 1961 in Potchefstroom, Marietjie het die spektakel van ons kampgrond op TV gesien en later in die oggend toe ons weer telefone bekom het, gebel en ons genooi om hierheen te kom.
Ons wag op die versekeringsmaatskappy om te presteer en verwag om danksy kerkmense verblyf te geniet tot die huis voltooi is -- Januarie/Februarie volgende jaar.
Dit daan dus goed met ons maar die huisboublog sal onaktief bly totdat ons tegnologie verbeter, wat 'n ruk mag neem.
Vir wie hierdie sien en nog nie van ons gehoor het nie, aanvaar dat julle kontakbesonderhede verlore is en e-pos ons asseblief sodat ons weer kan kontak maak: wico670@usa.com.
For those of you who haven't heard of our misfortune, we lost your contact information when our RV was swept away by the Guadalupe River last Friday morning and we ended up with hardly more than the clothes on our backs. I could save the GMC truck but literally everything we owned was lost, including pass ports, credit cards, check books, computers, telephones, etc.
Huge storms upstream from New Braunfels had the river rise very rapidly and 5 minutes after the owner and management of the campground have indicated that they were watching the situation, the police banged on our door and instructed us to hook-up and leave immediately. I could not get through the procedure before they forced me to save the truck and abandon the 5th wheel trailer, which is what I did.
The i-pad happened to be on the truck and Susan fortunately grabbed my wallet as she exited the RV. But her purse remained behind. With my stuff we could get things going again later in the morning via credit cards and especially with the help of our church. A member who owns condominiums had one vacant until Friday. We stayed there until Wednesday and then came here to Peet and Marietjie van Vuuren, college friends since 1961 in South Africa, who had moved to 80 miles north of New Braunfels two weeks before. She had seen the flooding spectacle on TV and reached us by phone soon after we had new phones later on Friday. We accepted her offer to come here for a while and will probably return to NB on Thursday.
We are waiting on insurance matters to be resolved and expect to finalize interim housing arrangements assisted by church folk until our house is completed, hopefully by January/February next year.
We are thus in good shape but progress on the blog dealing with our building endeavor will be lacking until our technology situation has improved. This may take a while.
For those who haven't heard from us, assume it is because we've lost your contact information. Please e-mail us to restore such, to wico670@usa.com.
No comments:
Post a Comment