Op Donderdag 30 Julie is die elektrisiteitkontrakteur besig met pypwerk wat onder die vloer sal wees vir elektriese bedrading.
On Thursday July 30 the electric contractor was laying tubing for wiring that will be under the floor.
Nog 'n paar beelde van die diepanker staalversterkings.
A few more images of the deeply anchored steel in the pilons..
'n Duidelike blik op die elektriese deurvoer na die elektriese kragpunt vir die RV in die motorhuis.
A clear view of the electrical conduit for the power supply to the RV in the garage.
Chuck en Adolph werk aan die kragvoorsiening aan die eiland in die kombuis.
Chuck and Adolph working on the electric supply to the island in the kitchen.
Skuins voor sonop, Maandag 3 Augustus, met die betonvoorsieningsvoertuig by die opvangbak van die pompvoertuig en die kraanstelsel met die pyp wat die beton by enige plek van die fondasie kan besorg.
Before sunrise on Monday August 3 the concrete hauler at the hopper on the distributor, showing the conveyor tube which can dump material anywhere in the foundation structure.
Operateur by die opvangbak.
Operator at the hopper.
Voorkant van die pompvoertuig toon hoe dit vasskop soos dit ook agter doen op die vorige foto.
Front end of the distributor showing how it is stabilized alike the back end on the previous photo.
Tom Lander, links, en die fondasieingenieur.
Tom Lander, left, and the foundation engineer.
Die betonleweraar kom nader.
The deliverer approaching.
Maar daar is 'n probleem. Die opvangbak is te hoog.
But there is a problem. The hopper is too high.
'n Oplossing word bespreek.
Discussing a solution.
Ondertussen wag die grondbemaning op vordering. Hierdie ou kon net so wel uit 'n cowboy fliek in Arizona/Texas/Meksiko gestap het.
Meanwhile the ground crew is waiting on progress. This guy could just as well have stepped out of a Western Movie set.
Ander hou vordering op 'n afstand dop.
Others watch progress from a distance.
As die leweraar nie verhoog kan word nie, moet die ontvanger laer. Dit is hoe.
If the delivery cannot be raised, the hopper has to be lowered. This is how it was done.
Problem solved. Concrete about to flow.
Probleem opgelos en beton gereed om te stroom.
En daar gaan dit!
And there it goes!
Keelskoonmaak.
Throat-clearing.
En daar kom dit aan!
And there it arrives!
Al teen die buitekant langs.
All along the outside edge.
Die pypoperateur word deur 'n werker met 'n vibrator gevolg, wat die materiaal diep onder egalig maak.
The tube operator is followed by a fellow with a vibrator, which distributes the material deep down.
Die vibrator word laat sak.
The vibrator is lowered
Die vibrator by Willem se voete.
The vibrator at Willem's feet.
Meer kleurvolle aksie terwyl dit warmer word. Gister het dit 110 F gehaal.
More colorful action while the temperature is rising. Yesterday it hit 110 F.
Langs die kant af na die eerste rondte ingepomp is. Die omtrek moes verskeie kere gevolg word met gieting en vibrasie om dit gevul te kry.
Down the trench between the bags and the wood siding after the first passage. The circumference had to be followed multiple times by pouring and vibrating to fill the space.
Die proses van 'n afstand af besigtig.
The process viewed from a distance.
Ontertussen is daar 'n stroom van voertuie wat die betonmensel inbring: 14 vragte in totaal.
Meanwhile, trucks with concrete mix roll in and away incessantly: 14 loads in total.
Druk verkeer.
Heavy traffic.
En nog meer daarvan.
And more of it.
Die operateur beweer dis gebruiklik dat die eienaar self 'n bietjie van die gietwerk doen.
Willem was invited to do a bit of pouring himself.
Met die son nog nie hoog op nie, was dit moeilik om 'n goeie skoot van die opvulling te kry.
So early in the morning it wasn't easy to get a nice shot of the filling.
Alhowel nog betreklik vroeg, het dit reeds brutaal warm geword en het Willem maar verkas om ander besigheid te gaan doen tot teen die aand.
Although still early, the promise of a brutally hot day was in the air and Willem decided to attend to other business matters until later in the day.
En dit is wat hom by sy terugkeer teen 7 nm. begroet het.,
This is what awaited Willem by 7 pm.
Tom het na die gietwerk voltooi is watersprinkelaars op die werk losgelaat en na 3 ure daarvan het dit so gelyk. Hierdie is die motorhuisgedeelte wat sodanig afgewerk is dat die agterste 2/3 na die pyp in die middel afloop en die voorste 1/3 na die ingang dreineer.
After the concrete pouring was completed, Tom set up water sprinklers, which after 3 hours resulted in this. The garage floor surface was finished for the rear 2/3 to flow to the pipe in the middel and the front 1/3 to drain toward the entrance.
By die toekostige badkamers, wat die stortarea beklemtoon.
At the future bath rooms, highlighting the shower area.
Blik met die kombuis, eetkamer en leefkamer langs.
View down the kitchen, dining and living room areas.
'n Vlakverlaging van sowat 2 duim tussen die motorhuis en huisgedeeltes.
A 2 inch drop between the garage and the house sections.
Ankerboute waaraan die raamwerk gekoppel sal word.
Anchor bolts for attaching the frame work.
Blik vanaf die sitmamer via eetkamer in badkamers in die rigting van die straat.
View from the living room via dining and bath rooms toward the street
Ander perspektiewe.
Other perspectives.
Vlugtig buitelangs.
A brief runaround
Steunbalke is reeds weggetrek.
Support beams already removed.
Van laag af in die agterplaas.
From way down in the back yard.
In die rigting van die straat.
In the direction of Moon View Drive.
Detail wat die staalstawe van onder die vloer af toon.
Detail of steel rods from imbedded in the floor.
Voor die huis in die rigting van die motorhuis wat agter hierdie muur is.
At the front in the direction of the garage which is staggered behind this wall.
Die motorhuis na regs en die voordeur in die middel.
Garage to the right and front door area in the middle
Parting views at sunset.
Hey Willem...Todd and Melanie here. We arrived back in L.A. last night, after taking an extra day to visit Tombstone, Arizona. You have a great view from your property there! We will keep watching as thing progress. Take Care...Cheers!
ReplyDelete