Sowat twee weke gelede is die houtomhulsel van die fondasie verwyder en gee dit 'n beter idee van die struktuur. Dit blyk duidelik uit die volgende foto's van bo en rondom.
The board encasement of the foundation was removed about two weeks ago. A clearer view of the structure is exhibited in the following photo's
Wat vervolgens moet gebeur om die fondasie te voltooi, is strekking van die staalbewapening wat hier uitsteek.
Tensioning up the steel reinforcement protruding above is to follow next.
Hierdie beeld toon die dik geghriesde staalkoord deur 'n rigter in die wand.
This shows thickly greased steel through a guide embedded in the wall.
'n Week gelede is die terrein opgeruim en die oppervlak van die fondasierante skoongemaak.
A week ago the building site was cleared and the surface of the foundation cleaned.
Anthony met sy Bobcat het wondere verrig deur 'n groot hoeveelheid rots van die agterplaas af vir opvulling vorentoe te bring en dit met oorblywende gruis van die fondasie-pakking te bedek.
Anthony moved a great deal of rock from the back yard for filling in front and smoothed out the remaining gravel from the foundation construction.
En in die proses het hy 'n gawe pad langs die motorhuis af na agter gemaak.
In the process lovely paving to the rear came about.
Ek het gevra dat hy vir my 'n klompie van die groter stukke agter los om iets daarmee te doen.
I requested some of the larger rock fragments to remain in the back yard for landscaping.
My rotsstapel en bastion van onder af gesien.
My rock pike and bastion viewed from way back.
Let op hoe bolaag-grond oor 'n deel van die agterplaas versprei is. Ons sal stellig nog heelwat vragte daarvan moet laat inry om dinge onder beheer te kry.
Note how top soil had been moved to cover a good part of the back yard. More will have to be hauled in.
Tom het hom ook gevra om van die ongelykhede om die rande af te skuur. Tot ons verbasing blyk dit dat daar nog nie elektriese verdeelpunte by die straat verskaf is nie. Gelukkig dat Willem sy generator in die bak het, wat die probleem toe oplos.
Tom asked Tony to clear and smooth out the edges of the foundation. However, we discovered that an outlet for his electric tools had not yet been installed at the pole on the street. Fortunately Willem's generator in the bed of the GMC solved the problem.
Dit was 'n geskuur dat die stof staan.
Dust was flying as far as he went.
Anthony is werklik 'n joviale Spanjool.
Anthony is a very jovial Hispanic.
Tom en Tony beraadslaag voor ons oppak vir die nag.
Tom and Tony going over the surface before retiring for the night.
'n Paar dae later is die staalkabels wat deur die boonste deel van die fondasie loop finaal gestrek.
A few days later the steel cables of the reinforcement were stretched.
Hierdie hidroliese apparaat klem om die staalversterking, skop in die rigter vas wat in die muur vasgegiet is en waardeur die dik geghriesde kabel uitkom.
An hydraulic powered clamping device was affixed around the heavily greased cable and kicked into the guide embedded in the wall.
Rigter in die wand waardeur die staalkabel kom.
Closeup of a guide for cables protruding through the surface.
Dit is 'n tweeman-operasie wat behels dat die stuk tot 8000 psi gestrek word.
A two-man operation applies 8000 psi for stretching to the desired tension.
Die plasingspunt en diepte is vooraf in silwer op elke staaf afgemerk.
Note the silver markings on cables for exact placement.
Soms is die koord effens ontrafel gedurende die proses.
Occasionally the cables were somewhat unraveled in the process.
Die voorman volg met 'n maatstok om te bevestig dat dit reg gedoen is.
The foreman followed with measuring to confirm the desired outcome.
Wanneer dit laag genoeg van die grond af was kon 'n hand van onder af bygesit word.
When close to the ground, an operator could assist from below.
Dit is gevolg deur 'n ou met 'n saag wat deur die staal trek dat die vonke spat.
A fellow followed with a saw, setting sparks to fly as the cable surrendered.
Op laas volg 'n ou met 'n bak sement, wat die stopwerk doen.
And finally the wells were plugged with cement.
Huistoegaan tyd.
Time to retire.
Skoon afgewerk met so'n stukkie van Tony se pad na vorentoe wat links onder wys.
Cleanly finished and displaying a chip of Tony's path along the garage.
'n Paar dae later het ons vir die eerste keer in seker 6 weke reent gehad. Dit was meer as welkom na temperature wat tot 116F gestyg het en vir weke nie onder 100F wou draai nie. Hierdie foto's veroorloof 'n blik op die terrein wat voorberei is vir die 'framers' wat die raamwerk moet vestig. Dit toon ook hoe water in die agterste deel van die motorhuis na die middelvloei waar die afvoer nog steeds onder druk is. Let ook op dat water in die voorste deel na die inrit uitvloei.
A couple of days later we've had our first rain in six weeks. Following day temperatures of up to 116F and never below 100F, this was a sensational experience. The area had been cleared of rubble and was ready for the framers to do their greatly anticipated thing. At last the house can be raised! The exposed foundation neatly shows drainage of the rear section to a central outlet, still plugged and under pressure, and the front section draining to the driveway.
No comments:
Post a Comment